๐’๐ˆ๐“๐‘๐€๐ ๐Ÿ” ๐‰๐ฎ๐ง๐ข๐ž ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ ๐Ÿ๐Ÿ”:๐ŸŽ๐ŸŽ

๐€๐š๐ง๐ ๐ž๐ค๐จ๐ง๐๐ข๐ ๐๐ž ๐๐š๐ญ๐ข๐จ๐ง๐š๐ฅ ๐’๐ก๐ฎ๐ญ๐๐จ๐ฐ๐ง ๐จ๐ฉ ๐•๐ซ๐ฒ๐๐š๐  ๐Ÿ๐ŸŽ ๐‰๐ฎ๐ง๐ข๐ž ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ

Na aanleiding van vrae oor Vrydag 10 Junie 2022 se aangekondigde nasionale Shutdown die volgende:

  1. Dit lyk asof die nasionale Shutdown onder andere deur twee taxiverenigings, naamlik The National Taxi Alliance en SANTACO, beplan word. Die EFF het egter ook op die wa gespring, wat op sosiale media reeds tot ongemak lei by mense wat sonder politieke inmenging wou betoog teen die hoรซ brandstofpryse.
  2. Tans is dit moeilik om enige gevolgtrekkings te maak oor moontlike deelname en gebiede wat deur die betogings geraak sal word. Neem in ag dat daar al baie sulke nasionale Shutdowns aangekondig was, maar dat slegs sekere provinsies of dele van die land gewoonlik geraak word. Dit is meestal Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Limpopo, Noordwes, die Noord- en Wes-Kaap en die Vrystaat word normaalweg minder geraak deur hierdie inisiatiewe.
  3. Hierdie tipe groot betogings vind selde op โ€™n Vrydag plaas. Dis te naby aan โ€™n naweek en die deelname is gewoonlik laer. Daar is egter groot ontevredenheid oor die hoรซ brandstofpryse en daar mag dus steeds aansienlike deelname wees.

.๐–๐ž๐ง๐ค๐ž ๐ฏ๐ข๐ซ ๐•๐ซ๐ฒ๐๐š๐  ๐Ÿ๐ŸŽ ๐‰๐ฎ๐ง๐ข๐ž ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ

  • Dit is waarskynlik โ€™n goeie plan om enige reisplanne vir Vrydag te heroorweeg en uit te stel indien moontlik.
  • Indien jy moet ry sal dit goed wees indien jy vooraf met die nodige owerhede en veiligheidstrukture skakel om uit te vind of jou roete veilig is.
  • Skakel in by jou plaaslike (AfriForum-) buurtwag, plaaswag en/of GPF, sodat jy inligting oor jou omgewing by hulle kan kry.
  • Dateer jou gebeurlikheidsplanne op.
  • Hou jou tweerigtingradio aangeskakel, indien jy een besit.

AfriForum moniteer sosiale media spesifiek vir hierdie Shutdown en sal verdere inligting met julle deel indien en wanneer nodig.

Soortgelyke plasings