Nuwe straatligte help om misdaad in Lydenburg te voorkom

 

AfriForum se Lydenburg-tak het op 18 Augustus vier nuwe straatligte in Rossouwstraat aangebring.

 

Hierdie volg nadat ’n skrywe reeds gerig is aan die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit met ’n versoek om die tekort aan straatligte in Lydenburg op te los. ’n Skerp toename in misdaad word deur AfriForum-lede opgemerk omdat die strate so donker is.

 

Die nuwe ligte is geborg deur ’n lid, wat versoek het dat dit in Rossouwstraat aangebring word. Die ligte skyn normaalweg dof totdat beweging opgemerk word, waarna dit helder skyn totdat die beweging weer gestaak word. Inwoners kan dus onmiddellik sien wanneer daar beweging in die straat is. Dié funksie van die straatligte bevorder misdaadbekamping in die gebied.

 

“Ons wil mense aanmoedig om ons te nader indien hulle by só ’n projek betrokke wil raak. Ons is hier om die gemeenskap te dien waar die munispaliteit faal,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

 

Indien jy by só ’n projek wil betrokke raak, stuur ’n e-pos na voorsitter.lydenburg@afriforumtak.co.za.

 

Soortgelyke plasings