|

AfriForum se Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-streek het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.

Die volgende buurtwagte het aan die patrollie deelgeneem: Bethlehem, Harrismith, Welkom-distrik, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg, Bultfontein, Winburg en Steynsrus. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 4:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 62 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 987 km in 45 voertuie afgelê.

“Die Hoogland-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings