| |

AfriForum en vrywilligers span saam om Zeerust-begraafplaas skoon te maak

Die AfriForum-tak in Zeerust het op 14 September die plaaslike begraafplaas op die hoek van Forsman- en Van Riebeeckstraat skoongemaak. Altesaam 42 vrywilligers het die dag gehelp om twee ton tuinvullis te verwyder. Ná ’n lang dag van harde werk is ’n totaal van 12 vragte vullis weggery.

“Dit is ’n riem onder die hart dat soveel vrywilligers ons met die skoonmaakprojek kom help het. Ons is trots op ons dorp en as inwoners van Zeerust sal ons seker maak dat ons gemeenskap veilig en skoon bly,” sê Madeleine van der Walt, tesourier van AfriForum se Zeerust-tak.

“Dit is belangrik om ’n begraafplaas skoon te hou, want dit skep onmiddellik ’n veiliger omgewing vir diegene wat hul geliefdes se grafte wil besoek,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum se Zeerust-tak aan deur vir Pierre van der Walt by 082 569 8564 te skakel.

Soortgelyke plasings