|

Herontdek hierdie Erfenisdag dié tien erfenisjuwele

Al het Erfenisdag in die volksmond omvorm tot Braaidag, is erfenis soveel meer as net ’n tjoppie en ’n braaibroodjie op ’n warm somersdag. Erfenis is al die dinge wat ons van ons voorouers ontvang het of aan ons oorgedra is en wat ons nou kan waardeer, bewaar en uiteindelik nalaat vir volgende generasies. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, beskryf dit raak as hy sê: “Elke geslag moet dit wat hulle gekry het bewaar, verbeter en dan weer aangee vir die volgende geslag.” Herontdek hierdie Erfenisdag tien erfenisbakens – soos vervat in die artikelreeks Erfenisjuwele – wat op uiteenlopende maniere deel vorm van die Afrikaner se erfenis, vandag nog bewaar en verbeter word en reeds in sommige gevalle geslagte lank van die een na die volgende generasie oorgedra word.

Erfenisjuwele

Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, se artikelreeks, Erfenisjuwele, werp lig op erfenisbakens en -projekte waarby gemeenskappe oor die hele land heen betrokke is in die bewaring van erfenis vir die volgende geslag. Kom ontdek die Afrikaner se erfenis deur die kultuurgemeenskap se historiese bakens, monumente, museumstukke, kulturele gebruike, musiek, volksverhale, tradisies en selfs fauna, flora en landskappe.

Erfenisjuwele 1: Mostert se meule

Met die eerste oogopslag kan jy jou verbeel dat jy weggevoer is na Nederland met sy prentjiemooi meulens. Maar nee, Mostert se meule wat reeds in 1796 op die plaas Welgelegen opgerig is, en nou nog digby Tafelberg voortmaal, is ’n lewende (én bewegende) stukkie geskiedenis. Lees verder.

Erfenisjuwele 2: Bethlehem Museum

Bethlehem se ryke geskiedenis word met mening bewaar by dié dorpsmuseum wat reeds in 1964, met die dorp se honderdjarige bestaansfees in gebruik geneem is. Lees hier oor hoe dié bewaring deur die jare voortgesit en uitgebou word.

Erfenisjuwele 3: Talana Museum en Slagveldkompleks

KwaZulu-Natal is bekend vir sy talle slagvelde en ’n hanetree van Dundee, by die Talana Museum en Slagveldkompleks, waar die gebeure van die Slag van Talana wat tydens die Anglo-Zoeloeoorlog plaasgevind het, word dié veldslag en oorlog in perspektief geplaas. Lees hier meer oor dié museum en terrein.

Erfenisjuwele 4: Paul Roux Privaat Museum

As jou paaie deur die Vrystaatse dorp Paul Roux sou loop, maak seker dat jy gaan inloer by dié dorp se privaat museum in Voortrekkerstraat 31 en ontdek dié Oos-Vrystaatse dorpie se geskiedenis vanaf die Sandsteentydperk en die Anglo-Boereoorlog tot die meer onlangse verlede. Lees hier.

Erfenisjuwele 5: Paardeberg Erfenisterrein

Die Anglo-Boereoorlog, genl. Piet Cronjé en 4 000 Boerekrygers. Wat het op daardie paar noodlottige dae in 1900 gebeur waaroor daar vir generasies lank nog gestry word? Vind hier uit.

Erfenisjuwele 6: Vegkop-slagveld en historiese terrein

Sowat 22 km suid van Heilbron draai die teerpad tot by ’n terrein waar die Slag van Vegkop op 16 Oktober 1836 plaasgevind het. Wat het op daardie dag gebeur toe net 34 weerbare Voortrekkers te staan gekom het teen sowat 6 000 Matabele-impi’s? Lees hier om uit te vind.

Erfenisjuwele 7: Herdenkingsritte

Wat het ’n perd, ’n ruiter, die langpad na Bloemfontein, Upington of Port Nolloth met die Afrikaner se verlede te make? Vind uit in Erfenisjuwele 7. Lees hier.

Erfenisjuwele 8: Museum van Honde

In Kaapstad vind mens soms vreemde en wonderlike juwele. Die Museum van Honde is geen uitsondering nie. Dit fokus op daardie vennote wat onlosmaaklik deel van ons gemeenskap se lewens is en sonder wie ’n mens jou moeilik ons bestaan sal kan indink. Lees verder.

Erfenisjuwele 9: Afrikaanse Hoër Seunskool

Die verhaal van Afrikaanse Hoër Seunskool is ook die verhaal van die versterking van Afrikaneridentiteit, waarin Afrikaans diep ingebed is, van onderwys in die ou Transvaal en van soortgelyke Afrikaansmediumskole waarvan die geskiedenis teen dieselfde agtergrond gegroei het. Vind hier meer uit oor dié skool wat op 28 Januarie 1920 sy deure geopen het.

Erfenisjuwele 10: Die Nasionale Vrouemonument

Daar is min monumente wat die hart so aangryp soos die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Vind uit waarom hierdie monument, ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het, besoekers so diep tref. Lees verder.

Soortgelyke plasings