|

Ses witpeerbome skiet wortel op skoolgrond in Worcester

AfriForum se Worcester-tak het in September ses witpeerbome (Apodytes dimidiata) aan Somerset High School in Worcester geskenk en die bome op die skoolterrein geplant.

Die witpeerboom is as boom van die jaar in die afdeling vir skaars bome aangewys, daarom het die Worcester-tak dit goedgedink om dié boom aan die skool te skenk. Personeel en leerders het gehelp om die bome te plant.

Die skool sal na die bome omsien.

Die bome is metafories aan die AfriForum-tak se doel om aan die gemeenskap se toekoms en ’n nalatenskap vir die volgende generasie te bou. Die tak fokus dus nie net op die hede nie maar ook op die toekoms in geheel.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Worcester-tak betrokke te raak en aktief te wees in hul gemeenskap. Besoek www.wordlid.co.za om aan te sluit.

Soortgelyke plasings