|

Aanlyn aansoeke vir voornemende graad 1- en graad 8-ouers in Gauteng: Wat ouers oor die aanlyn aansoekproses moet weet

  • Deur Carien Bloem

Bestuurder: Onderwys – AfriForum

Aanlyn aansoeke vir voornemende graad 1- of graad 8-leerders open Donderdag 25 Junie om 08:00 en sluit weer op 25 Julie 2020 om middernag.

AfriForum moedig alle ouers aan om reeds op die eerste dag by die skool van hul keuse aansoek te doen deur www.gdeadmissions.gov.za te besoek. Volg die drie stappe om die aansoek suksesvol te voltooi. Jy moet elke stap eers volledig afhandel word voordat jy na die volgende stap gaan.

Die Gautengse Onderwysdepartement het 34 aansoekstasies opgerig vir ouers wat nie internettoegang het nie. Dié stasies voldoen aan al die nodige COVID-19-voorsorgmaatreëls. Jy kan ook enige onderwysdistriks- en hoofkantoor besoek om jou aansoek in te dien. Skole kan ook as aansoekstasies gebruik word.
Onthou dat jy ook aansoek via jou slimfoon kan doen. Maak seker dat jy ’n werkende selfoonnommer verskaf, aangesien jy ’n SMS ná afloop van jou aanlyn aansoek kan ontvang.

’n Lys van al die aansoekstasies is op die onderwysdepartement se webblad asook in die plaaslike media gepubliseer.

Die onderwysdepartement moedig ouers aan om aanlyn aansoek te doen en beklemtoon dat geen laat aansoeke aanvaar sal word nie.

Leerderdokumente kan vanjaar op die aanlyn stelsel opgelaai word of binne sewe dae by die skool van jou keuse ingedien word. Die volgende dokumente is verpligtend:

Graad 1:

  • Ouers se identiteitsdokumente of paspoorte
  • Die leerder/s se geboortesertifikaat
  • Die leerder/s se immuniseringsertifikaat
  • Bewys van verblyf (adres)

Graad 8:

  • Ouers se identiteitsdokumente of paspoorte
  • Die leerder/s se geboortesertifikaat
  • Die leerder/s se graad 7-rapport (die nuutste rapport)
  • Bewys van verblyf (adres)

Ouers het vyf opsies wat betref die skole waarby hulle mag aansoek doen:

Opsie 1:  Die skool naaste aan die leerder se woonhuis.

Opsie 2: Die skool waar die leerder/s se sib/be reeds skoolgaan.

Opsie 3: Die skool naaste aan die ouer/s se werksadres.

Opsie 4: Huisadres binne ’n 30 km radius van die skool.

Opsie 5: Huisadres buite ’n 30 km radius van die skool.

Die Onderwysdepartement gee aan ouers die versekering dat die eerste-aansoek-gedoen-eerste-gehelp-reël nie vanjaar sal geld nie. AfriForum wil jou daarom aanmoedig om nie ’n kans te waag nie en jou aansoek reeds op 25 Junie in te dien. Dit is ook belangrik dat jy die volgende doen om bewys van hul aansoek te hê:

  1. Neem skermskote en maak uitdrukke sodat jy ’n volledige papierspoor het as bewys van jou kind se aansoek.
  2. Sodra jy die SMS-bevestiging ontvang, moet jy die nodige dokumentasie dadelik na die skool neem word vir bevestiging.

Klik hier om die aansoekstasies te sien.

Indien enige uitdagings met jou aansoek ervaar word, kan jy volledige e-pos met skermskote  aan gdeinfo@gauteng.gov.za stuur of 0800 000 789 of 011 355 0000 skakel.

 

 

 

 

Soortgelyke plasings