|

AANLYN KABV-PROGRAMME IS HIER!

Die Voortrekkermonument se nuwe aanlyn programme is uiteindelik hier! Pret, leersaam en ’n baanbreker op dié gebied in Suid-Afrika. Daar is tans twee interaktiewe programme vir laerskoolkinders (grondslagfase en intermediêre fase) beskikbaar, wat ook geskik is vir die hele familie. Dit is opvoedkundig van aard en ideaal om nuuskierige kinders besig te hou. Die programme is aanvullend tot die KABV-kurrikulum ten opsigte van vakke soos Lewensvaardighede (LV), Sosiale Wetenskappe (SW) en Natuurwetenskappe (NW), en is ook ideaal vir instappies vir skole (indien die fondse knap is en leerders nie op ’n uitstappie kan gaan nie).

Die grondslagfaseprogram Toe en Nou bestaan uit ses hoofstukke en die intermediêre fase-program Jagter-versamelaar tot moderne mens uit sewe hoofstukke. Daar is dus genoeg leerstof vir ’n tydperk van ’n week. Van broodbak op die pioniersmanier, kleispeel en skattejag tot by die Voortrekkers, die San, vandag se weerverslag, versorging van jou troeteldier en vele meer.

Temas en fokusareas van die programme:

Toe en Nou (graad 1–3)

Hoofstuk 1: Storietyd – Die San en vroeë gemeenskappe.

Hoofstuk 2: Suid-Afrika en kaartwerk – Leer oor Suid-Afrika, nasionale simbole en kaartwerk.

Hoofstuk 3: Broodbak op die pioniersmanier – Leer broodbak op die pioniersmanier. Waar kom voedsel vandaan? Die verskil tussen gesonde en ongesonde kos. Die vyf voedselgroepe.

Hoofstuk 4: Skattejag – Leer ’n spesiale rympie. Skattejag en aktiwiteitsblaadjie. Museums, oudhede, speelgoed van ouds en materiale.

Hoofstuk 5: Perdedemonstrasie – Leer meer oor perde. Plaasdiere teenoor wilde diere. Diere wat ons help. Versorg jou troeteldier.

Hoofstuk 6: Klei – Leer hoe om ’n kleibaksteen te maak. Die drie grondsoorte. Van klei tot baksteen. Waarvan word huise gemaak?

Jagter-versamelaar tot moderne mens (graad 4–6)

Hoofstuk 1: Wat is erfenis? – Erfenis, geskiedenis, die San, Khoi-Khoi en Afrika-boer.

Hoofstuk 2: Suid-Afrika en kaartwerk – Leer oor Suid-Afrika, nasionale simbole en kaartwerk.

Hoofstuk 3: Broodbak op die pioniersmanier – Vuur. Leer broodbak op die pioniersmanier. Voedselverwerking en preservering, koring, gis, vyf voedselgroepe, toets vir stysel.

Hoofstuk 4: Jag en versamel – Leer meer oor voedsel, jag en versamel, veeteelt en landbou.

Hoofstuk 5: Skattejag – Skattejag en aktiwiteitsblaadjie. Nedersettings. Materiale en handel.

Hoofstuk 6: Klei – Maak ’n kleivoorwerp. Eienskappe van materiale. Nie-metale. Onverwerkte en verwerkte materiale. Sedimentêre gesteentes.

Hoofstuk 7: Weerverslag – Vandag se weerverslag en weerelemente.

Hierdie laerskoolprogramme is aanlyn beskikbaar by http://fundasentrum.org.za/aanlyn-aktiwiteite/. Die koper ontvang saam met elke video ’n aktiwiteitsboekie met resepte vir aktiwiteite en ’n aktiwiteitsblaadjie vir assesseringsdoeleindes.

Hou ons dop! Nuwe verwikkelinge is in die pyplyn by ons opvoedkundige sentrum. Besoekers kan binnekort uitsien na programme op dié terrein, asook ’n nuwe pionierswerf. Navrae kan aan Lizette Jansen by lizette@vtm.org.za gerig word.

Soortgelyke plasings