Adv. Gerrie Nel bied Knak Korrupsie-opleiding in Potchefstroom aan


Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het op 19 April op uitnodiging van dié organisasie se Potchefstroom-tak die gemeenskap van Potchefstroom en omliggende dorpe oor korrupsie en privaat vervolging toegespreek.
Dié besoek vorm deel van AfriForum se Knak Korrupsie-veldtog wat onder meer fokus op korrupsie-opleiding, wat korrupsie behels, asook hoe die publiek dit kan bekamp. Tydens hierdie interaktiewe sessie het die gehoor die geleentheid gekry om vrae aan adv. Nel te stel.
Adv. Nel het die publiek aangespoor om saam te staan en korrupsie te beveg deur nie aan korrupte aktiwiteite deel te neem nie, korrupsie aan te meld en by plaaslike gemeenskapstrukture soos AfriForum betrokke te raak.

“Kennis is mag en ons is dankbaar dat adv. Nel Potchefstroom besoek het ten einde te verseker dat die publiek bemagtig word om korrupsie op sowel regeringsvlak as in die privaat sektor hok te slaan,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraal-streek.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke: Stuur ’n e-pos na stephen.nel@afriforum.com en maak ’n verskil.

Soortgelyke plasings