AfriForum 911 Traumaslagofferondersteuningseenheid hou fondsinsameling vir slagofferbystand


AfriForum 911 Trauma se slagofferondersteuningseenheid het op Saterdag, 28 Julie 2018 hul eerste fondsinsamelingsprojek gehou om fondse vir hul slagofferondersteuningsfonds te in. ’n Fliekaand waartydens die fliek, Gebore Talente vertoon is, is om hierdie rede gereël deur Izel Kruger, die eenheid se projekkoördineerder, en  Magda Coetzee, ’n slagofferondersteuner, en aangebied in samewerking met die akteur Renier Weideman.

Die slagofferondersteuningsfonds word aangewend om mense by te staan wat tydens plaasaanvalle beduidende verliese gely het. Hierdie eerste projek was ’n groot sukses en het goeie bewustheid onder die publiek geskep oor die dienste wat dié eenheid bied. “Ons gaan verseker nóg meer soortgelyke projekte in die toekoms aanpak om fondse in te samel om slagoffers by te staan,” sê Caty van der Merwe, operasionele bestuurder van AfriForum 911 Trauma.
“Ons het ongelooflike ondersteuning en belangstelling van die publiek gekry en die span is reeds besig om aan ’n volgende bewusmakingsveldtog en fondsinsamelingsprojek te werk. Ons hoop om met hierdie fonds meer slagoffers van plaasaanvalle in die toekoms te kan help om weer hoop te skep,” sê Van der Merwe.

Soortgelyke plasings