AfriForum behaal sukses by Libanon-vullisterrein


AfriForum het op 24 Augustus 2017 met sowel die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling as die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit se afvalbestuursafdeling vergader om die toestand van die Libanon-vullisterrein te bespreek, waarna ’n formele oudit van die terrein gedoen is.
Dít volg nadat die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning na aanleiding van AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek opdrag gegee het dat die betrokke regeringsinstellings in samewerking met die burgerregtewaghond ’n oudit van dié vullisterrein moet doen en die nodige stappe moet neem om dit te rehabiliteer.

“Hoewel die vullisterrein steeds nie aan die minimum vereistes voldoen nie, is aksieplanne in plek gestel om rehabilitasie te verseker. Daar gaan in Desember vanjaar ’n diensverskaffer aangestel word om die rehabilitasie en instandhouding van die terrein te behartig,” sê Chris Boshoff, AfriForum se koördineerder vir omgewingsake.

AfriForum beoog om 11 vullisterreine regoor Suid-Afrika te oudit en sal die proses voortdurend moniteer om te verseker dat hierdie terreine op standaard is.
SMS jou naam na 45354 (R1) om AfriForum se aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings