AfriForum beoog regsaksie om wetstoepassers te dwing om Eskom-stakers vas te vat

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n dringende aansoek in die Noord Gautengse Hooggeregshof in Pretoria te bring, ten einde wetstoepassers te dwing om op te tree teen stakende werknemers van Eskom wat tans in die proses is om hul kollegas te intimideer en te dreig. Eskom het te kenne gegee tydens ’n mediakonferensie dat hy reeds in besit is van ’n hofbevel dat die staking deur werknemers onwettig is, maar tog versuim die kragvoorsiener om hierdie bevel af te dwing.

Die arbeidsgeskil het nou daartoe gelei dat Eskom noodgedwonge fase 6-beurtkrag moet instel omdat nie-stakende werknemers sukkel om die ligte aan te hou weens beweerde sabotasie, intimidasie en inmenging deur stakende werknemers.  Daar is na bewering verskeie Eskom bestuurders se huise aan die brand gesteek.

“Kragstasies word geklassifiseer as nasionale sleutelpunte en daarom glo ons dat wetstoepassers soos die SAPS alreeds moes optree om die dreigende staking by die onderskeie geaffekteerde kragstasies hok te slaan.  Die situasie het tans só erg geëskaleer dat ons vermoed dat die SAPS noodgedwonge die hulp van die SANW sal moet inroep om die huidige situasie by Eksom se kragstasies onder bedwang te bring,” sê Armand Greyling, AfriForum se regs- en risikobeampte.

Soortgelyke plasings