AfriForum besoek Laerskool Horison as deel van teenboelieveldtog


AfriForum het verlede week by Laerskool Horison in Roodepoort, Gauteng besoek afgelê as deel van dié burgerregte-organisasie se teenboelieveldtog.
Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir sowel die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) as die trauma-eenheid belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, navorser by ANI.
“As ’n waardegedrewe Afrikaanse skool streef ons by Laerskool Horison na uitnemendheid in onderrig en opvoeding. Daarom is hierdie projek vir ons baie waardevol,” sê G.F. van der Walt, hoof van Laerskool Horison.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings