AfriForum besoek Laerskool Muldersdrif as deel van teenboelieveldtog


AfriForum het hierdie week by Laerskool Muldersdrif in Krugersdorp, Gauteng besoek afgelê as deel van dié burgerregte-organisasie se teenboelieveldtog. Hierdie veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir sowel die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) as die trauma-eenheid belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, navorser by ANI.
“As ’n waardegedrewe Afrikaanse skool streef ons by Laerskool Muldersdrif na eerlikheid, selfbeheersing, deursettingsvermoë, pligsgetrouheid, verantwoordelikheid en respek teenoor ander. Daarom is hierdie projek vir ons van soveel waarde,” sê Herman Byleveld, hoof van Laerskool Muldersdrif.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak.

  • Klik op hierdie skakel om na ’n bewusmakingsvideo van dié veldtog te kyk.

Soortgelyke plasings