AfriForum besoek plaasaanvalslagoffers saam met Amerikaanse uitsaaier


Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het vandag saam met die American Broadcasting Corporation (ABC) twee plase besoek om met ’n plaasaanvalslagoffer, asook die familie van plaasmoordslagoffers te gesels.
Op die Engelbrecht-familie se plaas buite Fochville is twee lede van dié familie – Fanie (78) en Colleen (74) – op 13 Mei vanjaar in ’n wrede plaasaanval vermoor is. Tydens dié besoek het ABC die met Jo-an en Sua Engelbrecht, die vermoorde egpaar se seun en skoondogter, gesels. Jo-an het sy ouers dood in hul huis op die plaas Welgevonden aangetref. Colleen is onder meer met ’n strykyster gebrand voordat sy verwurg en haar keel afgesny is.
AfriForum se veiligheidspan en ABC was ook op Bernadette Hall se plaas buite Fochville waar David Hall, haar man deur plaasaanvallers aangerand en doodgeskiet is, en sy self onder meer met ’n panga gekap is.

“Ons moet seker maak dat elke slagoffer se storie vertel word en dat niemand slegs ’n deel van die statistiek word nie. Die wêreld moet bewus wees van plaasaanvalslagoffers se stories. Daar was vanjaar reeds sowat 210 plaasaanvalle en 27 plaasmoorde,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron meen dat die buiteland moet sien hoe die Suid-Afrikaanse regering herhaaldelik misluk om planne vir landelike veiligheid in werking te stel en dat gemeenskappe aan hul eie lot oorgelaat word wat veiligheid betref. Hierdie besoek volg kort nadat Bheki Cele, minister van polisie, wéér versuim het om plaasmoorde tot prioriteitsmisdade te verklaar.

Soortgelyke plasings