AfriForum borg vervoer


AfriForum en verskeie rolspelers het saamgewerk om toe te sien dat boere in Williston van voer voorsien word. ’n Vrag voerbale asook mielies is verlede week in dié dorp afgelewer.
Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, het Leon Bellinghan van die Vryburg Boere-unie die voer ingesamel en vervoer gereël, terwyl AfriForum vir die vervoer daarvan betaal het.
Bellinghan wil graag vir Evert en Kobus Niemann vir die bale bedank, asook André Theunissen vir die mielies, Velox vir die vragmotor en AfriForum wat vir die vervoer betaal het.
Word deel van dié projek: SMS “Voer” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings