AfriForum-brandkraanprojek: Paulpietersburg se brandkrane getoets


AfriForum se Paulpietersburg-tak het die afgelope maand in samewerking met die Zoeloeland Distriksmunisipaliteit brandkrane in dié dorp se woongebiede getoets ten einde die diensbaarheid daarvan te verseker.

“Inwoners moet weet dat brandkrane in hul omgewing in ’n werkende toestand is. Brandkrane moet verder gereeld deur die brandweer gediens word om aan SABS-vereistes te voldoen. Die munisipaliteit het ’n brandkraansleutel vir die plaaslike AfriForum-tak gegee. Dit sal in die AfriForum-beheerkamer gehou word om tydens noodgevalle te gebruik,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Dit is belangrik dat elke lid van die publiek hulself vergewis van waar die naaste brandkraan in hul straat is om dit sodoende vir nooddienste uit te wys in geval van ’n brand.
Die AfriForum-tak in Paulpietersburg beplan ook om binnekort brandkrane te verf om sigbaarheid te verseker.
Gemeenskapslede word aangemoedig om by AfriForum betrokke te raak: SMS “Brandkraan” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings