|

AFRIFORUM BRING DIE EFFEK VAN PLAASMOORDE OP MINDERJARIGES ONDER DIE VN SE AANDAG

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende brief aan die VN gestuur waarin die verwoestende effek wat plaasmoorde op minderjariges in Suid-Afrika het, bespreek word.

Dit volg nadat AfriForum op 4 Februarie 2021 ’n aanlyn inligtingsessie oor kinderjare ná gruwelmisdaad bygewoon het. Die Outreach Programme on the Holocaust en die Civil Society Unit of the United Nations Department of Global Communications het die sessie aangebied.

“Die regering se traak-my-nie-agtige houding teenoor plaasaanvalle en plaasmoorde het verreikende gevolge vir almal wat op plase bly. Almal wat hierdie aanvalle oorleef – ouers, kinders, uitgebreide familie en werkers – kan nog baie jare lank saamleef met die emosionele letsels wat hierdie aanvalle los,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte.

Die tekortkominge van die regering en die sielkundige effek wat die trauma op spesifiek minderjariges het, word in hierdie brief beklemtoon. Dissosiasie, depressie, leer- en konsentrasieprobleme en selfbesering is net ’n paar van die uitdagings wat minderjariges na so ’n aanval en trauma beleef.

AfriForum het reeds in 2019 die Wilmien Potgieter-fonds gestig om plaasaanvalslagoffers by te staan.

Indien jy betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na fonds@afriforum.co.za

Soortgelyke plasings