AfriForum bring dringende hersieningsaansoek oor Zuma se vrylating

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy dringende hofaansoek teen ses respondente beteken in die saak oor die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool.

Dié respondente is die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, die mediese paroolraad, Zuma self, die sekretaris-generaal van die geregtelike ondersoek na bewerings van staatskaping en bedrog in die openbare sektor, insluitend staatsorgane, die Minister van Justisie en Korrektiewe dienste en die President van die Republiek van Suid-Afrika.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê hierdie is ’n saak van nasionale belang en dat dit ’n skande is indien mense op grond van hul politieke aansien bevoordeel word.

“Ons beskou hierdie aansoek as dringend aangesien hierdie ’n duidelike geval van magsmisbruik is deur die regering op grond van ’n persoon se politieke posisie. Dit is ook vir ons duidelik dat die toepaslike wetsvoorskrifte om iemand op mediese parool vry te laat nié nagekom is nie juis daarom vra ons in ons aansoek dat die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat omgekeer moet word,” sluit Roets af. 

Soortgelyke plasings