AfriForum-buurtwag in Benoni spoor gesteelde motor op

 

AfriForum se Benoni-buurtwag het vandag om ongeveer 13:00 in samewerking met die polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum ’n gesteelde voertuig op die hoek van Mainweg en Baileystraat opgespoor skaars ’n uur nadat die voorval aangemeld is.
Een van AfriForum se buurtwaglede het ’n verdagte voertuig met drie insittendes opgemerk en by verdere ondersoek bevestiging gekry dat die voertuig as gesteel aangemeld is.
Die polisie is dadelik in kennis gestel en die buurtwag is na die toneel ontbied waar die voertuig en die verdagtes deur die polisie deursoek is.
Die polisie het onder meer ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevind waarna die verdagtes in hegtenis geneem is.

“Danksy flink optrede en goeie spanwerk is sukses behaal. Samewerking is belangrik vir die vooruitgang van gemeenskappe en die bekamping van misdaad,” sê Jannie Bezuidenhout, voorsitter van AfriForum se Benoni-buurtwag.

Raak vandag nog betrokke by jou naaste buurtwag: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings