AfriForum-buurtwag in Bloemfontein-Noord behaal groot sukses


Die burgerregte waghond AfriForum se buurtwag in Bloemfontein-Noord het Woensdag omstreeks 12:00 inligting ontvang dat twee voertuie by ’n inkopiesentrum in Navalsig verdag lyk.
AfriForum se reaksiespan en beheerkamer is geaktiveer waarna hulle strategiese uitkykpunte beman en die verdagte voertuie dopgehou het. Die polisie is ook in kennis gestel. Die polisie en ITR Sekuriteit het reageer waarna die twee voertuie en vyf insittendes deursoek is, en die polisie die persone gearresteer het. Die polisie het op twee polisieradio’s, twee vuurwapens, blou ligte, drie messe, polisieglimbaadjies, asook die twee voertuie beslag gelê.
Volgens Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, word dié vyf verdagtes vermoedelik verbind met verskeie misdade in Noord-Kaap en Noordwes.

“Dit is werklik verblydend om te sien dat ons beheerkamer en die owerhede baie goed saamwerk,” sê Hannes de Beer, voorsitter van AfriForum se Bloemfontein-Noord-tak.

Raak vandag betrokke by jou naaste buurtwag: SMS jou naam na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings