AfriForum-buurtwag in Ellisras help om brandende vragmotor te blus


Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het op Dinsdagaand, 11 September kragte saamgespan om ’n brandende vragmotor te help blus wat buite Ellisras aan die brand geslaan het. Die buurtwag is ontplooi nadat ’n noodroep hulle in kennis gestel het dat die vragmotor in ligte laaie is en hulp benodig word om die vlamme te blus.

Volgens Aldo Venter, voorsitter van AfriForum se Ellisras-tak, is die vragmotor se kajuit tydens die brand verwoes. “Toe ons die noodroep kry, het ek onmiddellik my brandblusser vol gemaak en my na die toneel gehaas. Met die aankoms was die vragmotor reeds aan die brand, en alhoewel ons daarin geslaag het om om die vuur blus, kon ons nie die skade aan die trok verhoed nie. Ons het ook gekeer dat die veld langs die pad aan die brand steek en die vuur verder versprei,” sê Venter.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, sê dat dit belangrik is dat gemeenskappe saamspan ter wille van doeltreffende reaksie tydens noodgevalle. Hy moedig gemeenskapslede ook aan om by bestaande strukture betrokke te raak om mekaar sodoende te ondersteun.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings