AfriForum-buurtwag en Boss Sekuriteitsmaatskappy beveilig Bloemhof


Die AfriForum-buurtwag in Bloemhof en Boss Sekuriteitsmaatskappy het op 10 Augustus 2018 ’n patrollie gehou om dié dorp te help beveilig. Altesaam 30 patrolleerders het vir 12 ure die strate van Bloemhof in 20 voertuie gepatrolleer.

“Geen voorvalle is aangemeld nie. Die doel van hierdie patrollies is juis om misdadigers af te skrik. AfriForum wil graag saam met ander veiligheidsinstellings werk om dít te bewerkstellig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum doen ’n beroep op die hele gemeenskap om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer.

“Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie,” sluit Pretorius af.

SMS “Bloemhof” na 45350 (R1) om by jou AfriForum-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings