AfriForum-buurtwag en GPF staan gemeenskap by


AfriForum se Benoni-tak buurtwag het Dinsdagaand, 7 Februarie 2018, in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) verskeie gemeenskapslede bygestaan nadat stormweer ’n aantal bome en wonings beskadig het.
Dit volg ná ’n hewige reënbui gedeeltes van Benoni getref het, waartydens verskeie huise beskadig is en ’n aantal bome oor paaie geval het. Ongeveer 20 lede van die AfriForum-buurtwag en die GPF het tot ná middernag gespook om gevalle bome uit Landau-, Leyds- en Van Rooyenstrate te verwyder. Gebiede wat beïnvloed is, sluit in Rynfield, Cloverdene, Morehill en Chief Albert Luthuli Park.

“Die gemeenskap moet weet dat ons daar is vir hulle en dat ons mekaar moet bystaan in tye van nood en onvoorsiene omstandighede,” sê Buddy David, woordvoerder van Sektor 1 se GPF.
“Samewerking tussen rolspelers en die gemeenskap lei tot vinnige optrede en die vestiging van ’n goeie en volhoubare verhouding,” sluit Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-buurtwag af.

Raak vandag nog by jou naaste buurtwag betrokke: SMS “Benoni” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings