|

AfriForum-buurtwag en SAPD werk saam om misdaad te bekamp

AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 24 Augustus 2019 saam met die polisie en ander veiligheidsrolspelers ’n sigbaarheidspatrollie in De Plaat, Velddrif, Port Owen en Laaiplek gehou. Hierdie patrollie, wat verhoogde sigbaarheid bewerkstellig het, het van 21:00 tot 00:00 geduur.

“Goeie samewerking tussen die buurtwag, die polisie en ander rolspelers het daartoe gelei dat misdaad skerp in Velddrif en die omliggende gebiede gedaal het. Ons beplan om nog baie gesamentlike aksies van stapel te stuur,” sê Chrisma Faulkner, voorsitter van AfriForum se Velddrif-tak en -buurtwag.

“Dit wys dat verskillende organisasies kan saamwerk om ’n positiewe bydrae in gemeenskappe te lewer. Saamstaan, saamwerk en saam beplan is onmisbaar om ’n verskil te maak. Proaktiewe optrede is nodig om misdaad te beveg,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

SMS die woord “Veilig” na 45353 (R1) om by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings