| | |

AfriForum-buurtwag help om dronkbestuurder te arresteer

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 4 Februarie ’n sigbaarheidspatrollie gehou, waartydens ’n motoris wat vermoedelik onder die invloed was, in hegtenis geneem is.

Die buurtwaglede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die Vaalrivier-brug en het gehelp om die verkeer te reguleer. Hulle het die SAPD bygestaan om die voertuigbestuurder wat na bewering onder die invloed van alkohol was, vas te trek. Die bestuurder se voertuig is in die voorval beskadig en die buurtwag het die SAPD gehelp om die motor weer aan te skakel om dit na die polisiekantoor te bring.

Tydens die patrollie het die buurtwag ook gefokus op die sentrale sakekern en die woonbuurte in Standerton in ’n poging om misdadige aktiwiteite hok te slaan.

“Sigbaarheidsprojekte soos hierdie is noodsaaklik om ons gemeenskappe te beskerm,” sê André Piennaar, leier van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Standerton-tak: SMS “Standerton” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings