AfriForum-buurtwag help om onwettige immigrante aan te keer


Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het gisteroggend, 22 Februarie 2018 in samewerking met die SAPD, die gemeenskapspolisiëringsforum en ander veiligheidsmaatskappye ’n veiligheidsaksie in dié dorp geloods, waartydens ’n aantal onwettige immigrante vasgetrek en voertuie by padblokkades vir onwettige voorwerpe deursoek is.

“Die doel van hierdie aksie was onder meer om samewerking tussen verskillende organisasies en veiligheidsmaatskappye, insluitend die SAPD, in dié dorp te bewerkstellig,” sê Aldo Venter, AfriForum se Ellisras-takvoorsitter.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is hierdie samewerking van kardinale belang om te verseker dat misdadigers en onwettige immigrante in dié gebied vasgetrek word.

“Ons moet as ’n gemeenskap saamstaan en verantwoordelikheid vir ons eie veiligheid neem. Ek doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by veiligheidstrukture in te skakel.”

Raak betrokke en sluit aan by die buurtwag deur die woord “Veiligheid” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings