| | |

AfriForum-buurtwag in Bellville neem aan nasionale versetpatrollie deel

AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, het op 6 Junie 2020 aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem. Dié massapatrollie vorm deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurtwagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat.

Altesaam 20 AfriForum-buurtwaglede het in 10 voertuie aan die patrollie deelgeneem. Die lede het 450 km in die gebied afgelê. Al die deelnemers het streng voldoen aan die vereiste regulasies en binne die raamwerk van die wet opgetree.

Gemeenskapslede en buurtwagte kan met patrollies voortgaan aangesien regulasie 33 (1), wat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, op 28 Mei 2020 uitgevaardig het, dit duidelik stel dat mense hul woonplekke mag verlaat om spesifieke dienste te lewer, met uitsondering van aktiwiteite soos uiteengesit in tabel 2 van dié regulasies. Buurt- en plaaswagte word nie in dié tabel genoem nie en kan dus weer patrolleer.

“Dit is lekker om weer patrollie te ry en sodoende ons grondwetlike reg om ons gemeenskap te beveilig, uit te oefen. ’n Opregte woord van dank aan almal wat deelgeneem het,” sê Johan Fritz, voorsitter van AfriForum se Bellville-buurtwag.

“Die buurtwaglede was baie opgewonde om weer hul patrollies te hervat en ons is dankbaar vir ons lede wat verantwoordbaarheid neem om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak in hierdie krisistyd,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings