|

AfriForum-buurtwag in Bellville staan vrou by in mediese noodtoestand

AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het op 26 April 2020 op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat haar dogter begin hiperventileer het. Die buurtwaglede is via ’n WhatsApp-stemboodskap in kennis gestel dat dringende mediese hulp in Oakdale, ’n woonbuurt in Bellville, benodig word.

Die buurtwaglede het onmiddellik gereageer en twee buurtwaglede met vlak 1-noodhulpopleiding is uitgestuur om bystand te bied. Resq Medix is ook dadelik gekontak om ’n ambulans te stuur om die persoon te stabiliseer en na die plaaslike hospitaal te vervoer. AfriForum het ook met dankbaarheid verneem die persoon is die volgende dag ontslaan.

“Ons wil elkeen bedank vir hul spoedige optrede en veral die medici van Resq Medix wat binne minute op die toneel was en die persoon kon bystaan. AfriForum se Bellville-buurtwag staan reg om onmiddellike bystand te lewer sou omstandighede dit vereis,” sê Johan Fritz, voorsitter van AfriForum se Bellville-buurtwag.

“AfriForum is hier om ’n verskil te maak en hierdie is weer eens ’n bewys dat buurtwagte selfs tydens die nasionale staat van inperking ’n belangrike rol kan speel in die veiligheid en welstand van ons lede,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings