|

AFRIFORUM-BUURTWAG IN HERMANUS HELP BRANDWEER OM BRAND ONDER BEDWANG TE BRING

AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Overstrand-tak, het op 3 Januarie die plaaslike brandweer bygestaan om ’n brand onder beheer te bring nadat brandstigters ’n brand in Schulphoek gestig het.

Winderige toestande het veroorsaak dat die brand versprei het na Kusweg in Sandbaai, waarna die Alfa-buurtwag ontbied is om die plaaslike brandweer te help toe dit blyk of die brand buite beheer kon raak.

“’n Opregte woord van dank aan almal wat ’n rol gespeel het om die brand onder beheer te bring en sodoende skade aan verskeie inwoners se huise help verhoed het,” sê Lourens Theron, buurtwagvoorsitter van AfriForum se Alfa-buurtwag.

Om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak, SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings