AfriForum buurtwag in Tzaneen hou patrollie, kry veiligheidstoerusting


AfriForum se Tzaneen-buurtwag het op Woensdag, 6 Junie dié dorp gepatrolleer om sigbaarheid in die omgewing te verhoog. Buurtwaglede het ook nuwe toerusting ontvang, wat koeëlvaste baadjies, glimbaadjies en noodhulpsakke insluit.
Die buurtwag het ook gisteraand aan ’n oefening deelgeneem waartydens hulle ’n versteekte voertuig moes opspoor. Die doel hiermee was om samewerking tussen patrollielede te bevorder.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is die buurtwag goed toegerus om die gemeenskap te ondersteun en te patrolleer.

“Buurtwaglede wat patrollie ry om die gemeenskap te beveilig, moet goed toegerus wees om hul taak doeltreffend te kan uitvoer. Dit is ook vir ons belangrik dat ons lede so veilig moontlik is wanneer hulle patrollie ry.”

Grobbelaar voeg by dat samewerking met ander buurtwagte en veiligheidsinstansies uiters belangrik is om misdaad doeltreffend te bekamp.
SMS  “Veiligheid” na 45340 (R1) om by jou AfriForum-buurtwag aan te sluit, of kontak Arch van Schalkwyk by 083 706 9571.

Soortgelyke plasings