AfriForum-buurtwag in Uitsig spoor gesteelde motor op


Die burgerregtewaghond AfriForum se Uitsig-buurtwag het Saterdag in samewerking met SA CAN op ’n wenk reageer en binne 45 minute nadat die insident aangemeld is, ’n Nissan 1400-bakkie by ’n verlate parkeerterrein in die Bloemfontein-middestad opgespoor nadat die voertuig by ’n inkopiesentrum in Uitsig gesteel is.
Die reaksiespan het die voertuig eers vir ’n tyd lank dopgehou om vas te stel of daar enige verdagtes na die voertuig terugkeer, maar dit het ongelukkig nie gebeur nie.
Volgens Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, is die Suid-Afrikaanse Polisiediens dadelik in kennis gestel dat die voertuig gevind is en het die blitspatrollie bystand verleen.

“Dit is verblydend dat die buurtwagstrukture goed funksioneer en ʼn daadwerklike verskil in die gemeenskap maak,” sê Gert Jacobs, voorsitter van AfriForum se Uitsig-buurtwag.

Raak vandag nog betrokke by jou naaste buurtwag: SMS jou naam na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings