AfriForum-buurtwag in Velddrif neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwag in Velddrif het op 20 Julie 2018 aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
Tydens die patrollie het 24 patrolleerders verbonde aan die buurtwag altesaam 420 km in agt voertuie afgelê. Drie voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.
Ander veiligheidsinstellings wat saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem het sluit gemeenskapspolisiëringsforums, die SAPD en privaat buurtwagte in.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, asook om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke en word sodoende deel van die oplossing,” sluit Van Zyl af.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak of -buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings