AfriForum-buurtwaglid help om vermeende winkeldief in Vryburg vas te trek


’n Vermeende winkeldief is vanoggend met behulp van ’n AfriForum-buurtwaglid in Vryburg vasgetrek en aan die polisie oorhandig vir arrestasie nadat hy met ’n mes in sy hand vir sekuriteitswagte by die Shoprite-winkelsentrum in die dorp weggehardloop het. Daar word verneem dat hulle hom vir beweerde winkeldiefstal agternagesit het.

“Lede van die publiek het ’n belangrike rol te speel deur die oë en ore van die owerhede te wees, en deur spoedige optrede kan individue help om ons strate veiliger te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Soortgelyke plasings