AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein – wat Uitsig, Pellissier, Fichardtpark, Hospitaalpark, Wilgehof, Langenhovenpark, Rayton-Heuwelsig en Bloemfontein-Noord insluit – het op Vrydag 22 Oktober 2018 aan ’n nasionale veiligheidspatrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het agt AfriForum-buurtwagte en 200 patrolleerders in 128 voertuie deelgeneem. Altesaam meer as 2 993 km is afgelê en twee voorvalle is suksesvol in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hanteer.
Ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem, waaronder die SAPD, verskeie sekuriteitsmaatskappye en nooddienste.

“AfriForum fasiliteer hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter en om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoördineerder vir Rosestad.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleen reken om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Renaud af.

SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings