AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein – wat Uitsig, Pellissier, Fichardtpark, Hospitaalpark, Wilgehof, Langenhovenpark, Rayton-Heuwelsig en Bloemfontein-Noord insluit – het op Vrydag 20 Julie 2018 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het agt AfriForum-buurtwagte en 209 patrolleerders in 125 voertuie deelgeneem. Altesaam meer as 4 047 kilometer is afgelê en alle voorvalle is suksesvol in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en sekuriteitsmaatskappye hanteer.
Ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem, waaronder maatskappye soos ITR, VR Sekuriteit, Bloemsec en Securiforce. Die SAPD en ander privaat buurtwagte het ook deelgeneem.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Joseph Renaud, AfriForum se streekskoördineerder vir die Wes-Vrystaat.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie alleenlik op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Renaud af.

Soortgelyke plasings