AfriForum-buurtwagte in Delareyville en Schweizer-Reneke neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Delareyville en Schweizer-Reneke het op 2 Desember 2017 aan ’n nasionale massapatrollie in dié dorpe en op omliggende plase deelgeneem. Altesaam 41 mense het in 36 voertuie 1 848 km in 88 manure afgelê.
Die burgerregte-organisasie het die patrollie van stapel gestuur om plaaslike buurtwagte meer paraat te maak, asook om sigbaarheid in dié gebiede te verhoog. Die SAPD, NK Sekuriteit en Fastrak Sekuriteit het saam met die AfriForum-buurtwagte aan die nasionale patrollie deelgeneem.

“AfriForum is dankbaar vir elkeen wat sy tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak in die gebied se veiligheid, veral tydens die begin van die feesseisoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by ’n AfriForum-buurtwag betrokke en help sodoende om jou omgewing te beveilig: SMS “Patrollie”

Soortgelyke plasings