AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek – Ventersdorp, Stilfontein, Hartbeesfontein en Sasolburg – het op Vrydag, 20 Julie 2018 aan ʼn nasionale patrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het vier AfriForum-buurtwagte en 152 patrolleerders in 65 voertuie deelgeneem. Daar is altesaam meer as 2 480 km afgelê en 12 voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.
Sewe ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem, onder meer GPF’s, sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte.

“AfriForum is dankbaar teenoor elke lid van die gemeenskap wat by veiligheidsinisiatiewe soos die nasionale patrollie betrokke raak, en ons sien daarna uit om nog meer mense in die toekoms te betrek,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die sentraalstreek.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Deur by ‘n plaaslike buurtwag aan te sluit, help jy om tot gemeenskapsveiligheid en die bekamping van misdaad by te dra,” sluit Nel af.

Soortgelyke plasings