AfriForum-buurtwagte in Groter Pretoria neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Hennopsriviervallei, Meyerspark, Moot, Moreletapark, Pretoria-Wes, Rayton, Cullinan, Kameeldrift, Waverley en Wes-Moot het die burgerregtewaghond se nasionale patrollie op 17 Mei 2019 in die Tshwane-metro uitgevoer. Dié patrollie is van 16:00 tot 06:00 in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), privaat buurtwagte en die SAPD uitgevoer.

Tydens dié patrollie het 563 patrolleerders van hierdie AfriForum-buurtwagte in 278 voertuie meer as 8 794 km afgelê. Altesaam 13 voorvalle is aangemeld en suksesvol hanteer.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking tussen alle veiligheidsinstellings te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie net op die polisie staatmaak om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings