|

AfriForum-buurtwagte hou Mooirivier veilig

Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies die areas waar hulle woon veilig gehou gedurende April. Daar is 670 patrollies deur die volgende buurtwagte gery: Bothaville, Sasolburg, Hartbeesfontein-buurt-en-plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, en Wolmaransstad.

In Bothaville is daar hulp verleen om ’n dwelmverslaafde tot bedaring te bring en ’n inbreker is met behulp van sekuriteitskamera’s gearresteer. In Sasolburg was daar nie noemenswaardige insidente nie.

Hartbeesfontein-buurtwag verleen dikwels hulp op ongelukstonele en het ook bygestaan met vier arrestasies vir diefstal. Hartbeesfontein-plaaswag was betrokke by die vastrek van diewe en het gehelp om verskeie verdagte voertuie op te spoor. Stilfontein buurtwag was behulpsaam by talle ongelukstonele en ook by die arrestasie van inbrekers. In Wolmaransstad was daar nie insidente nie, wat moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat hierdie buurtwag ekstra patrollies gery het.

In Potchefstroom en Wolmaransstad was daar min of geen insidente nie. Dit is ook ’n aanduiding daarvan dat die sigbaarheid van die buurtwag vrugte afwerp.

“Die Mooirivier-buurtwagte is ’n onontbeerlike deel van elke dorp waar hulle funksioneer se veiligheid. Ek het baie groot waardering vir hierdie mans en dames wat hulle tyd opoffer vir die veiligheid van hulle gemeenskap,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings