|

AfriForum-buurtwagte in Orkney gee om vir die gemeenskap

Die AfriForum-buurtwagte in Orkney en Stilfontein het op 27 Mei ’n gesamentlike bewusmakingspatrollie in Orkney gehou. Daar was 45 patrollielede wat in 23 voertuie die dorp patrolleer het. Hulle het brandpunte soos substasies, Zama geteisterde woonbuurte en beboste bouvalareas besoek. Hulle het ook die middedorp tydens beurtkrag gepatrolleer. Daar het nie ernstige insidente plaasgevind nie.

Intussen was Orkney sedert 30 Mei sonder krag nadat onderhoud gedoen is en die hoof toevoerlyn daarna gebrand het. Daarna was daar etlike probleme wat verhoed het dat die krag kon aankom. Die AfriForum-buurtwag, Solidariteit Helpende Hand, NECP buurtwag en EMS het op 1 Junie hande gevat en sop en toebroodjies uitgedeel aan die inwoners wat sonder elektrisiteit gesit het, maar ook aan die werkers wat ten spyte van die koue, gewerk het. ’n Plaaslike kleuterskool het plakkate gemaak om hulle dankbaarheid te wys. Gelukkig was almal se krag teen 2 Junie om 12:30 aangeskakel.

“Dit maak mens se hart warm dat ’n gemeenskap ten spyte van koue en ’n groot krisis so kan saamstaan om vir ander iets te beteken. Ons is ook dankbaar teenoor die besighede wat bygedra het tot die sop en brood-aand. Dit is ook vir die inwoners ’n groot gerusstelling om te weet dat daar ’n aktiewe buurtwag is wat na hulle omsien. Ek moedig inwoners wat nog nie aktiewe lede van die buurtwag is nie, om onverwyld aan te sluit,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy wil betrokke raak, kontak vir Casper Labuschagne by 061 524 7892.

Soortgelyke plasings