| | |

AfriForum-buurtwagte in sentraalstreek neem aan nasionale versetpatrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek (KwaZulu-Natal, Noordwes en die Vrystaat) het op 6 Junie 2020 aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem nadat daar heftige teenkanting van regeringsamptenare was dat buurtwagte tydens vlak 3 van inperking mag patrolleer. Die patrollie vorm ook deel van die amptelike aktivering van buurtwaginisiatiewe.

36 AfriForum-buurtwagte en 413 patrolleerders het in 292 voertuie aan dié patrollie deelgeneem. Altesaam 9 421 km is tydens die patrollie afgelê en alle voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye hanteer. Die ander instansies wat saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem het, sluit veiligheidsinstellings, mediese dienste en privaat buurtwagte in.

“AfriForum het hierdie nasionale versetpatrollie gehou om dit duidelik te maak dat buurtwagte weer tydens vlak 3 mag patrolleer om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker – veral met misdaad wat toenemend toeneem,” sê Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleen staatmaak om na ons veiligheid om te sien nie,” sluit Renaud af.

Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

 

Soortgelyke plasings