AfriForum-buurtwagte in Kaapse noordelike voorstede neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Kraaifontein, Brackenfell en Bellville het in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, Landry Securitas, Capital Security Services, C-Max Security Services en ADT Security Services op 8 en 9 Maart patrollies in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 voortgeduur.

Ongeveer 100 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem. Altesaam 913 km is in 30 voertuie in nagenoeg 500 manure afgelê. Bystand is tydens enkele klein voorvalle, soos ’n veldbrand in Kraaifontein, gebied, maar geen ernstige voorvalle het tydens die patrollie voorgekom nie.

“Die noordelike voorstede se buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings