AfriForum-buurtwagte in Kalahari-distrik neem aan nasionale massapatrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Upington, Kathu en Kuruman, het op Vrydag 20 Julie 2018 in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums, sekuriteitsmaatskappye en die SAPD aan die burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het 125 patrolleerders van drie AfriForum-buurtwagte in 95 voertuie meer as 3 220 km afgelê en vier voorvalle suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer. Tydens een van dié insidente het die buurtwag en die SAPD ’n persoon wat na bewering onder die invloed van drank bestuur het, gearresteer.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari-distrik.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Louw af.

SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings