AfriForum-buurtwagte in Kalahari neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in die Kalahari-distrik het op 8 Maart 2019 van 18:00 tot 06:00 aan dié burgerregtewaghond se nasionale patrollie deelgeneem. Die Kuruman-, Kathu-, Upington‑, Keimoes- en Springbok-buurtwagte was, in samewerking met 13 ander veiligheidsinstansies – onder meer GPF’s en sekuriteitsmaatskappye – en die polisie by die nasionale patrollie betrokke.

Ongeveer 170 patrolleerders in 89 voertuie het meer as 2 366 km in 498 manure afgelê. Vyf voorvalle is tydens die patrollie aangemeld.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, asook om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en om self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleen staat maak om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Louw af.

SMS “Buurtwag” na 32532 (R1) om by AfriForum se buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings