AfriForum-buurtwagte in Kempton Park en Edenvale ontvang opleiding


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kempton Park- en Edenvale-buurtwag het op 15 Maart opleiding in toneelhantering ontvang. Dié opleiding het grootliks gefokus op die beveiliging van tonele, asook die moets en moenies wanneer patrolleerders by ’n toneel opdaag.
Nagenoeg 60 buurtwaglede het die opleiding bygewoon wat deur Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, aangebied is.
Volgens Van Dalen is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur.

“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder vir Gauteng.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings