AfriForum-buurtwagte in Limpopo neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Limpopo – Tzaneen, Ellisras, en Nylstroom – het op Vrydag 19 Oktober 2018 saam met die Matlabas-plaaswag en Warmbad se RTL- en RSRT-buurtwagte aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

Ses buurtwagte en 237 patrolleerders het altesaam meer as 7 325 km in 110 voertuie afgelê. Drie voorvalle is suksesvol in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hanteer.
Ander veiligheidsinstansies het saam met AfriForum aan dié patrollie deelgeneem, waaronder gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te bevorder,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer en nie op die staat alleen te vertrou nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstansie in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Grobbelaar af.

Raak by AfriForum se buurtwag betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings