AfriForum-buurtwagte in Marico-distrik neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in die Marico-distrik – waaronder Hartbeespoort, Mooinooi, Rustenburg, Koster, Coligny en Zeerust – het op Vrydag 19 Oktober 2018 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

Tydens dié patrollie het die ses AfriForum-buurtwagte en 335 patrolleerders saam meer as 6 880 km in 185 voertuie afgelê. Die buurtwagte het veiligheid by huise ondersoek, bystand by botsings verleen en sigbaarheid in die onderskeie dorpe verhoog.
Verskeie ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan dié patrollie deelgeneem, onder andere nooddienste, sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Charné Blignaut, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico. “AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om by hul naaste veiligheidstruktuur betrokke te raak en deel van die oplossing te word,” sluit Blignaut af.

SMS “Buurtwag” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings