AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga neem aan nasionale patrollies deel

 

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga-Wes, wat insluit Standerton, Secunda, Delmas, Witbank en Piet Retief, het op Vrydag 20 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en verskeie veiligheidsinstansies aan AfriForum se nasionale veiligheidspatrollies deelgeneem.
Tydens dié patrollies het 241 patrolleerders vanuit vyf AfriForum-buurtwagte in 77 voertuie altesaam meer as 8 534 kilometer afgelê en twaalf voorvalle is suksesvol hanteer. Gedurende die patrollie in Standerton is sewe verdagtes vir verskeie oortredings gearresteer.
Die ander veiligheidsinstellings wat saam met AfriForum aan die patrollies deelgeneem het sluit GPF’s, privaat sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte in.

“Nasionale patrollies word gehou om sigbaarheid te verhoog. Die sewe arrestasies wat tydens die Standerton-patrollie gemaak is, dui daarop dat hierdie sigbaarheid tot ’n gunstige uitkoms bydra,” sê Hillel Coetzer, streeksveiligheidskoördineerder vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
“Ek is trots op die positiewe bydrae wat die samewerking tussen AfriForum se buurtwagte, die SAPD en ander veiligheidsinstansies in ons gemeenskappe bewerkstellig,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings