AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga-Wes neem deel aan nasionale patrollie


Die AfriForum-buurtwagte in Delmas, Witbank, Middelburg en Standerton het op 11 Maart 2017 aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
Altesaam 5 708 km is in die onderskeie dorpe deur 215 patrolleerders in 150 voertuie afgelê, en in 599 manuur is tien insidente suksesvol uitgeklaar.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om meer by veiligheidstrukture betrokke te raak om te verseker dat hul omgewing veilig is,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes. “Ons gemeenskappe se veiligheid is nie ’n eenmansaak nie – ons moet saam staan om hierdie stryd te veg.”

AfriForum wil elke buurtwaglid vir hul deelname bedank, asook die polisie en elke privaat instansie wat aan die nasionale patrollie deelgeneem het.
Raak vandag by jou plaaslike buurtwag betrokke deur die volgende plaaslike AfriForum-noodnommers te kontak:

  • 071 209 2978 (Standerton)
  • 076 111 8250 (Delmas)
  • 082 795 5664 (Witbank)
  • 076 634 6780 (Middelburg)

Stoor ook hierdie nommers vir noodgevalle.
Jy kan ook die woord “Buurtwag” na 45350 SMS (R1).

Soortgelyke plasings